Motorfietsryer ernstig beseer na botsing
Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder het die bestuurders van 'n motorfiets en ligte motorvoertuig teen mekaar gebots.
‘n Man is gistermiddag (Sondag, 2 Oktober) ernstig beseer na ‘n motorfietsbotsing by die Chief Albert Luthuli- en Wilgenlaan-kruising in Potchefstroom.
Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder het die bestuurders van ‘n motorfiets en ligte motorvoertuig teen mekaar gebots.
“ER24 het om 13:20 op die toneel aangekom om ‘n motorfiets en ligte motorvoertuig in die een baan van die pad te vind. Die motorfietsryer is op die sypaadjie gevind.”

Paramedici het die man geassesseer en bevind dat hy talle beserings opgedoen het en in ‘n ernstige toestand is. Die man is behandel en pynstillende medikasie toegedien voordat hy na Mediclinic Potchefstroom vervoer is vir verdere sorg.
“Die motorbestuurder, ook ‘n man, is vir sy geringe beserings behandel en later na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere sorg,” noem Meiring.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.




