NewsNews

Twee dood en nog twee mans ernstig beseer na hulle glo aan die brand gesteek is

Die twee lyke is glo binne in 'n vertrek gevind, met uitgebrande bande buite die vertrek. 

Paramedici is Sondagoggend (2 Oktober) na die Ikageng-polisiestasie geroep nadat ‘n man met erge brandwonde daar aangekom het.

Ongeveer twee ure later is paramedici na ‘n verlate gebou in die nywerheidsgebied geroep.

“Met aankoms, het paramedici nog ‘n man ‘n ent weg van die gebou gevind wat ook erge brandwonde opgedoen het,” het Russel Meiring, ER24 woordvoerder gesê.

Sekuriteitspersoneel het die gebou deursoek, waarna hulle die gru-vonds van twee verbrande lyke gevind het. Mooirivier Beskerming First Responders, het albei dood op die toneel verklaar.

Die twee lyke is glo binne in ‘n vertrek gevind, met uitgebrande bande buite die vertrek. Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button