Vyf dae van pret en plesier by Lenteweek vir Bejaardes
Samuel Broadbent ‘n suksesvolle Amazing Race-byeenkoms op Donderdag, 29 September aangebied.
Die 2022 Lenteweek vir Bejaardes vanaf 26-30 September was ‘n wonderlike geleentheid vir inwoners van vyf aftreeoorde om aan allerhande aktiwiteite deel te neem.
SAVF Ons Hulde, SAVF Huis Anna Viljoen, Samuel Broadbent Methodist Home, Happy Hearts Sentrum vir Bejaardes en Groen Wilgers Aftreeoorde het kragte saamgespan om hierdie week te reël en elke dag ‘n aktiwiteit aan te bied.
Foto’s: Wouter Pienaar
SAVF Ons Hulde het ‘n 60’s Strictly Come Dancing dag aangebied terwyl Groen Wilgers ‘n piekniek gehou het op die volgende dag. Happy Hearts het op Woensdag, 28 September ‘n aanbiedingsliedere-byeenkoms, terwyl Samuel Broadbent ‘n suksesvolle Amazing Race-byeenkoms op Donderdag, 29 September gehou het. SAVF Huis Anna Viljoen ‘n pretstap aangebied het om die week op ‘n hoë noot te eindig.
Volgens die bestuurder van Samuel Broadbent, Michael Sparks, was die Lenteweek vir Bejaardes ‘n reuse sukses.
“Die bejaarde inwoners van al vyf tehuise het dit verskriklik geniet. Van die terugvoering wat ek ontvang het, was dat die bejaardes tot die besef gekom het dat daar soveel ander geleenthede en byeenkomste beskikbaar is in die dorp, veral vir bejaardes, en dat die bejaarde gemeenskap baie groter is as wat hul aanvanklik gedink het,” noem Sparks.
“Vele bejaardes het die aktiwiteite van elke tehuis geniet en net weer gesien dat jou goue jare lewenslustig en vreugedevol aangepak kan word.”
Volgens Sparks sal volgende jaar se beplanningkommittee van die Lentteweek streef om ‘n toenemende suskses daarvan te maak.
“Ons hoop dat bejaardes ook net so uitsien uit na volgende jaar.”


























