NewsNews

Watervlakke by Vyfhoek reservoir tel op

Die Vyfhoek reservoir se vlakke het sedert Sondag, 2 Oktober na 45% gestyg.

Die waterkrisis wat die afgelope twee weke vir inwoners in die noorde van Potchefstroom ‘n groot kopseer was, blyk om stelselmatig te verbeter.
Die Vyfhoek reservoir se vlakke het sedert Sondag, 2 Oktober na 45% gestyg.

Dit was voorheen gedurende die waterkrisis so laag as 3% verlede week.
Die Vyfhoek reservoir verskaf water aan onder andere, Vanderhoffpark, Mooivalleipark, Tuscany Ridge en Bailliepark.

Talle huishoudings het sonder water gesit en was weer eens nes verlede maand weer afhanklik van watertenkwaens wat in en om hierdie gebiede gestasioneer was.

Volgens die JB Marks munisipaliteit was die hoofredes vir die krisis aanhoudende beurtkrag wat verhoed het daar genoeg water ingepomp kon word om die uitvloei teen te werk.
Die kragopwekkers glo ook nie ontwerp is om water vir lang ure teen volle kapasiteit te pomp nie.

“Gebiede wat water van die Ikageng-Wes-reservoir ontvang, soos dié rondom Ikageng en Ikageng Proper, sal steeds watertekorte ervaar as gevolg van die meganiese onklaarraking by die pompstasie waaroor inwoners alreeds ingelig is.

Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit se tegniese span bly werk aan die oplossing van die probleem,” het JB Marks woordvoerder, Jeanette Tshite, genoem.

Munisipale beamptes en tegniese spanne het die waterlyne ook ondersoek en na verskillende kommerpunte en lekkasies gekyk. Die munisipale bestuurder het ook met Eskom gereël om tydelik die suiweringswerke van beurtkrag te isoleer. By die suiweringswerke is ’n bystandspomp ook op die 450mm lyn aangeskakel om ten einde die reservoir-vlakke te verhoog.

VF plus raadslid, Ian de Villiers, het bevestig dat die Vyfhoek opgaartenks te vlakke aansienlik verhoog het.

“Die Vyfhoek opgaartenks se vlak was volgens die stelsel teen 16:45 (Maandag, 3 Oktober) op 45% en die kragopwekkers het by Eskom oorgeneem. Baie dankie ook aan elkeen wat hierdie krisis van die afgelope twee weke met die grootste grasie hanteer het en vir elkeen wat baie skraal om gegaan het met die water ten einde almal se krane weer vol te kry. Dit bewys dat Potchefstroom kan saamstaan,” noem De Villiers.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button