NewsNews

Meer as 100 munisipale beamptes gaan geskors word

Die rede vir vullis wat sedert gister (17 Oktober) nie verwyder is nie.

Die munisipaliteit het gister (17 Oktober) aangedui dat ongeveer 111 munisipale beamptes geskors gaan word.

Dit nadat daar ‘n onwettige staking deur munisipale werknemers tussen 19 en 22 September plaasgevind het.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/113975/municipal-workers-strike-to-get-attention/

 

Volgens Jeanette Tshite, munisipale woorvoerder, is 111 beamptes in dié staking identifiseer.

“Teen Vrydag het 60 werkers reeds hulle kennisname van skorsing ontvang. Meeste het teen Maandag hulle briewe ontvang, maar dar is nog ‘n paar wat die briewe sal ontvang,” het Tshite gesê.

Volgens haar word dienslewering, onder andere vullisverwydering nou negatief beinvloed omdat die werkers wat geskors is, ander werkers intimideer om nie werk toe te gaan nie.

“Die munisipaliteti werk aan die probleem van veral vullisverwydering en moedig werkers wat nie geskors is nie om so gou as moontlik terug te kom werk toe,” het Tshite gesê.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button