
‘n Groot mylpaal is op Vrydag, 21 Oktober in Potchefstroom bereik toe die munisipale hof in Sol Plaatjiestraat amptelik vir die publiek geopen is.
Sodoende kan munisipale verordening, beleid en regulasie nou toegepas word.

“Die bekamping van die toenemende wetteloosheid sal verseker dat JB Marks weer ‘n florerende en welvarende gemeenskap word. In die Wandellaan en omstreke is onwettige vullisstorting en informele handel aan die orde van die dag. Onwettige bedrywighede vier hoogty en besigheidseienaars ly daaronder – Jeanne Adriaanse, voorsitter van veiligheidsprotefeulje-kommitee.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



