Local newsNewsNews

Elke sekonde tel wanneer daar ‘n noodroep is

“Wat as dit jou ma of kind se lewe is wat in gevaar is, sou jy dan ook in die pad van die polisie en sekuriteitsvoertuie staan om hul werk te doen?”

“Wat as dit jou ma of kind se lewe is wat in gevaar is, sou jy dan ook in die pad van die polisie en sekuriteitsvoertuie staan om hul werk te doen?”

Dit is die vraag wat Ben Calitz, eienaar van ‘n plaaslike opsporingsmaatskappy vra oor die neiging van sekere motoriste in Potchefstroom ten opsigte van gemerkte voertuie.

“Ons jaag nie oor verkeersligte nie, maar as dit ‘n noodgeval is, soos ‘n gewapende roof wat besig is om gebeur, dan sal ek my ligte aansit en vir motoriste wys dat ons wil verbygaan.

“Dan kry jy steeds motoriste in Potchefstroom wat hulle hande in die lug gooi en jou met opset verhoed om verby te gaan,” sê Calitz. Volgens hom is dit ‘n groot probleem aangesien tyd kritiek is om mense wat in ‘n noodsituasie is, op te spoor of te help.

“Ons ry vinnig omdat ons besig is met ‘n noodsituasie. Potchefstroom het gevaarlike areas en daar is daagliks misdaad in die stad. Mense moet wakker word en verstaan dat ons net ons werk doen. Ek sien daagliks mense wat in gevaarlike areas steeds met oop vensters ry. As ek vir hulle noem om hul venster toe te maak, steur hulle hul nie aan my nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button