Local newsNewsNews

Twee NWU studente oorlede in gru-ongeluk wat ses se lewe neem

Twee NWU studente is op Saterdag, 29 Oktober in 'n tragiese motorongeluk tussen Hartswater en Jan Kempdorp oorlede.

Twee NWU studente is op Saterdag, 29 Oktober in ‘n tragiese motorongeluk tussen Hartswater en Jan Kempdorp oorlede.

Janke Coetzer (19), haar vriendin, Odine Swanepoel (19) sowel as Coetzer se sussie, Lize (16) ‘n leerder van HoĆ«rskool Diamantveld in Kimberley, is drie van die insittendes van ‘n Volkswagen Polo wat aan ‘n kop-aan-kop botsing gisteraand tussen 19:00 en 20:00 oorlede is.

Odine Swanepoel, ‘n eerste jaar verbonde aan Vergeet-My-Nie Dameskoshuis, is ook in die motorongeluk oorlede. Foto: Instagram

FiND iT berig dat die Polo teen ‘n Hyundai Tucson gebots het. Die drie insittendes van die Tucson is oorlede. Hulle identiteite is onbekend.

Twee passasiers in die Polo is met ernstige beserings na Lenmed Hospitaal vervoer.

Janke was deel van die NWU se o.19A netbalspan en ‘n inwoner van Wanda Dameskoshuis op die NWU Potchefstroomkampus.

Janke Coetzer, ‘n NWU student en o.19A netbalspeler is Saterdag, 29 Oktober in ‘n motorongeluk oorlede.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button