Plaaslike kunstenaar gee Saterdag gratis rondleiding van haar werke
Die rondleiding begin om 10:00 en besprekings vooraf is nie nodig nie. Almal wat lief is vir kuns is welkom.
Lydia Agenbag, ‘n plaaslike kunstenaar en kunsonderwyser, gee Saterdag, 12 November ‘n gratis rondleiding by haar kunsuistalling wat tans by die Snowflake-gebou uitgestal word.
Dit is haar eerste solotentoonstelling en tydens die rondleiding sal sy meer oor haar werksmetode gesels en ook die simboliek daarin uitlig.

Haar uitstalling getiteld, “Silent whispers of hope”, het verlede week Dinsdag, 1 November geopen. Sy is bekend vir haar realistiese uitbeelding van vroulike figure en werk vanuit ‘n diep spirituele gewaarwording. Haar gunsteling medium is oliepastelle. Lydia se kunsskeppingsproses is intuitief en amper ‘n vorm van meditasie waarin sy stil raak voor haar Skepper om met Hom te kommunikeer. In haar werke beeld sy God se liefde, hoop en beskerming uit.

Die rondleiding begin om 10:00 en besprekings vooraf is nie nodig nie. Almal wat lief is vir kuns is welkom. Die uitstalling duur tot 10 Desember en kan van Maadae tot Saterdae.




