Local newsNewsNews

Noodligte: Die moets en moenies

Jan Rap en sy maat kan nie hul kar in ‘n Kersboom verander nie.

Die gebruik van waarskuwingsligte vir voertuie op Suid-Afrikaanse paaie is iets waaroor baie padgebruikers en die breë gemeenskap ‘n gebrek aan inligting het.

Die vraag bestaan: Wie mag met ligte ry en wat sê wetgewing oor die gebruik van noodligte?

‘n Tweede vraag is of padgebruikers respek vir voertuie met flikkerende noodligte verloor het?

Ben Calitz, eienaar van ‘n plaaslike opsporingsmaatskappy, noem dat wetgewing duidelik die gebruik van noodligte op voertuie bepaal.

Sekuriteitsmaatskappye moet by PSiRA geregistreer wees, die voertuie moet duidelik gemerk wees en moet deur ‘n PSiRA-geregistreerde sekuriteitsbeampte bestuur word.

“Die potensiële probleme met almal wat met noodligte ry is eindeloos. Noodligte is om noodvoertuie te identifiseer. As elke tweede ou met ‘n lig rondry, hoe weet mens wie is wie?,” meen hy.

Calitz noem dat ‘n siviele persoon wat op ‘n toneel met ‘n noodlig in sy/haar voertuig reageer, hom/haarself blootstel omdat sodanige persoon nie die nodige opleiding ontvang het om te kan reageer nie.

Die moontlikheid bestaan ook dat so ‘n persoon geskiet kan word (oortreders sien hulle as ‘n lid van ‘n reaksie-eenheid).

As die persoon ‘n tweede of verdere ‘responder’ op ‘n toneel is, maak die eerste ‘responder’ staat op die ‘back-up’ wat in effek van geen hulp is nie, maar eerder tot verhoogde gevaar in die situasie bydra. Oortreders kan dus ook met noodligte ry en sodoende makliker van die polisie en sekuriteitsvoertuie ontsnap.

“Dit is belangrik dat daar respek teenoor wetgewing en wetstoepassers getoon word en tans is dit nie die geval nie.

Dit is belangrik dat wetstoepassers die selfvertroue moet hê om sulke voertuie te kan aftrek en te bevestig of daar wel aan die regulasies voldoen word. Hierdie selfvertroue kan aangehelp word deur die publiek deur ongemerkte voertuie wat met noodligte ry, te rapporteer. Dit kan ook help om ‘impersonators’ te identifiseer en sodoende die veiligheid van die publiek verseker.”

– Ben Calitz

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button