Local newsNewsNews

Oud-Gimmie stel eerste enkelsnit vry oor mislukte verhoudings

“Soms ontmoet jy iemand wonderlik, maar wat nie reg is vir jou nie, en dit kan baie moeilik wees om te erken wanneer dinge nie werk nie."

Verhoudings wat opbreek is nooit maklik nie, maar vir sommige mense speel dit ’n onvermydelike rol in hulle persoonlike groei. Christi Olivier, ‘n oud-Gimmie, is ‘n nuweling om dop te hou in die musiekbedryf met haar debuut-enkelsnit, “Fall Apart”.

Hierdie lied reflekteer die einde van ’n langtermyn-verhouding en om soms te doen wat pynlik, maar nodig, is. Hierdie snit is deur Christi, in samewerking met Hugo Ludik en Nick Jordaan, geskryf en is ’n liedjie oor ’n verbreekte verhouding wat op ’n prettige en opgewekte manier oorgedra word. Dis geïnspireer deur haar persoonlike ervaring en ondersoek of mense wat opbreek steeds vriende kan wees. Verder vang dit ook vas hoe dit voel wanneer dinge nie uitwerk nie en moeilike besluite geneem moet word.

Christi Olivier

“Soms ontmoet jy iemand wonderlik, maar wat nie reg is vir jou nie, en dit kan baie moeilik wees om te erken wanneer dinge nie werk nie,” verduidelik Christi.

“Fall Apart” gaan daaroor om te doen wat reg is vir jou, al maak dit seer.”

Alhoewel sy al stukkies van haar musiek op sosiale media gedeel het, is “Fall Apart” haar eerste amptelike vrystelling. “Om hier te kom was nogal ’n avontuur, maar ek is dankbaar vir die geleenteid,” sê sy. Die 22-jarige musikant, wat in Vanderbijlpark gebore is en die meeste van haar lewe in Potchefstroom deurgebring het in 2018 by Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer.

Sy was van jongs af versot op musiek en wou nog altyd ’n sanger word. Haar passie is aangevuur deur haar pa wat ’n platejoggie was en sy is tans besig om haar BA-graad in musiek aan die Universiteit van die Vrystaat te voltooi. Christi beskryf haar musiek as “hartseer liedjies wat ironies genoeg opgewek en lig is” en sê dat musiek ’n manier is om uiting te gee aan haar emosies.

Christi Olivier, ‘n oud-Gimmie, is ‘n nuweling om dop te hou in die musiekbedryf met haar debuut-enkelsnit, “Fall Apart”.

“Ek sukkel soms met my geestestoestand en skryf help my om my gevoelens te verwerk. Ek oordink alles, so om my emosies te verwoord help my om hulle te organiseer. Dis my manier om na myself om te sien,” deel sy.

Aangesien sy voltyds studeer en aan haar debuut-album werk, het sy min tyd vir ontspanning. Wanneer sy egter wel die geleentheid kry, geniet sy dit om tyd te spandeer saam met haar diere (sy was nog altyd ’n hond-mens, maar het onlangs ook haar liefde vir katte ontdek), dokumentêre te kyk en ‘ou’ musiek uit die 60’, 70’s en 80’s te luister (sy is in 2000 gebore).

Dis daarom nie vreemd dat sy deur kunstenaars uit hierdie eras, asook Troye Sivan en Julia Michaels, geïnspireer word nie. Haar grootste rolmodel is egter Taylor Swift. “Haar musiek is eerlik en poëties en sy gebruik dit nie net as ’n stem vir haarself nie, maar ook vir ander,” sê Christi.

Hierdie opkomende kunstenaar se planne vir 2023 is eenvoudig: “Ek wil ’n paar enkelsnitte vrystel, my album klaarmaak en my studies voltooi.” Met haar talent, gaan sy beslis nog baie meer as dit bereik.

“Fall Apart” sal vandag Vrydag, 18 November beskikbaar wees op alle digitale platforms.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button