Local newsNewsNews

Slaggate vererger in industriële area

Talle slaggate wat trotseer moet word is daagliks die voorland vir besigheidseienaars en hulle kliënte in Ross-straat in die industriële area.

Talle slaggate wat trotseer moet word is daagliks die voorland vir besigheidseienaars en hulle kliënte in Ross-straat in die industriële area.

Soms is die opsie nie daar om verby die diep slaggate te ry nie en moet daar stadig gery word om seker te maak dat voertuie nie skade kry opdoen nie.

Besigheidseienaars vertel dat hierdie situasie al die afgelope paar jaar vererger en daar geen aandag van die JB Marks Munisipaliteit af kom rakende die haglike toestand van die teerpad nie. Verder is daar ook ‘n aanhoudende waterlek wat grootliks tesame met swaar reënval die afgelope week sake vererger.

Rozaan Barnard kniel by een van die yslike slaggate in Ross-straat.

Johan van den Berg, eienaar van Motech, vertel dat hy eerder privaat kontrakteurs sal inspan om die slaggate te herstel, aangesien hy nie vir die munisipaliteit kan wag nie.

“Hierdie slaggate is baie sleg vir ons kliënte. Dit is nou al vir jare ‘n probleem en almal in hierdie straat is moeg vir die slaggate. Ons en ander besighede staan nou saam om self die pad te herstel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button