NewsNews

AfriForum doen beroep op gemeenskap om met skoonmaak van Alexanderpark begraafplaas te help

Die tak beplan om op  Saterdag, 10 Desember om 08:00 op die terrein langs die Alexander Park-begraafplaas indringerbome af te saag en met gif te behandel.

AfriForum se Potchefstroom-tak het op Vrydag 2 Desember ingespring en die lang gras in die Alexander Park-begraafplaas (oorkant Potch Dorp se Rugbyklub) gesny en die terrein opgeknap.

Behalwe vir die tak se eie grassnyer, het lede ook ’n trekker met ’n snyer en twee kleiner grassnyertrekkers, gebring waarmee hulle gehelp het om die gras te sny. Van die bome is ook gesnoei.

Die tak beplan om op Saterdag, 10 Desember om 08:00 op die terrein langs die Alexander Park-begraafplaas indringerbome af te saag en met gif te behandel.

Foto’s: Verskaf

Daar word ’n beroep op die gemeenskap van Potchefstroom gedoen om te kom help sodat die werk vinniger afgehandel kan word. Die bome wat afgesaag word kan vir brandhout geneem word.

“Dit is baie lekker dat lede van die gemeenskap begin inspring en help om ons erfenis te bewaar. Dit is slegs as ons mekaar se hande vat dat ons die verval sal stuit en dit wat vir ons belangrik is, sal kan red,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Piet Theron, die waarnemende voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-tak, bedank graag Chris Buys en Nelis Coetzee vir hulle grassnyertrekkers en Douglas Bourn vir sy groot trekker. Dirk Venter word ook bedank omdat hy mense gebring het om te help. Almal se hulp het die taak aansienlik makliker gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button