Local newsNewsNews

Broers sterf in motorongeluk

Werloe (20) en sy jonger boetie Jovan (15) was albei lede van die Potchefstroom Polocrosse-klub.

Twee broers, Werloe en Jovan Kleyn, is gisteraand omstreeks 18:00 in ‘n motorongeluk op die Mooibankpad in Potchefstroom oorlede nadat hulle voertuig gerol het.

Werloe (20) en sy jonger boetie Jovan (15) was albei lede van die Potchefstroom Polocrosse Club saam met hulle pa, Werner.

Werloe en Jovan Kleyn is Vrydagaand (20 Januarie) in ‘n motorongeluk oorlede. Foto’s: Rochelle Thornhill.

Altwee boeties het ‘n groot liefde vir perde gehad en het in verskeie perdesport dissiplines uitgeblink.

Hulle skielike afsterwe laat ‘n groot skok by almal wat hulle geken het.

Werloe is ook ‘n oud-Volkie wat in 2020 gematrikuleer het.

ER24 en Mooirivier Beskerming First Responder was op die toneel. Beide broers was alreeds oorlede toe nooddienste op die toneel kom.

Hou www.potchefstroomherald.co.za dop vir meer inligting oor hierdie ongeluk. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button