Local newsNewsNews

Munisipale swembad tydelik gesluit: Beurtkrag affekteer pompe

Die munisipale swembad is grasgroen glo weens aanhoudende beurtkrag wat een van die groot faktore is wat die pompsisteem affekteer.

Die munisipale swembad in Beyers Naudé-rylaan is vanaf Vrydag, 27 Januarie, tydelik gesluit weens veiligheidsredes.

Die munisipale swembad is grasgroen glo weens aanhoudende beurtkrag wat een van die groot faktore is wat die pompsisteem affekteer. Die swembadpompe kan nie alles betyds skoonsuig nie aangesien die pompe nie sterk genoeg nie.

Dit beteken dat die kwaliteit water tans nie op standaard is vir publieke gebruik nie.

Volgens Madra de Bruin, DA wyksraadslid, is daar besluit om die swembad tydelik te sluit vir die veiligheid van die publiek.

Sy noem ook in ‘n kennisgewing dat sy die publiek in kennis sal stel wanneer die swembad weer operasioneel sal wees vir publieke gebruik.

Die Herald het navrae aan die J.B. Marks munisipaliteit gestuur rakende die tydelike sluiting van die munisipale swembad, maar het nog nie terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button