Local newsNewsNews

Verdagtes weg met wapens na huisroof in Beyers Naudé-laan

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die verdagtes die bediende oorompel en gedreig voordat hulle ‘n kluis uit die muur gebreek het, waar die juweliersware en wapens gebêre was.

‘n Gewapende huisroof het gisteroggend, Maandag, 30 Januarie, in Beyers Naudélaan plaasgevind.

Drie verdagtes is met juweliersware en wapens weg.

Die voorval het tussen 09:00 en 09:30 plaasgevind toe drie mans toegang deur die agterdeur van die huis verkry het.

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die verdagtes die huishulp oorompel en gedreig voordat hulle ‘n kluis uit die muur gebreek het, waar die juweliersware en wapens gebêre was.


“Die huishulp is nie beseer nie, maar het baie trauma ervaar. In die kluis was ‘n jaggeweer, handwapen sowel as juweliersware,” het Myburgh bevestig.

Die eienaars van die huis was nie tydens die voorval tuis nie.

Myburgh noem dat ‘n saak van huisroof oopgemaak is en dat die polisie tans op soek is na die verdagtes.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button