Local newsNewsNews

Toetertoe Trophy kondig wenners van onvergeetlike reis aan

Die eerste wenner in Toetertoe Trophy-geskiedenis is die President-span wat uit Ockert Lubbe, Ludwig Rontgen en Janco Malan bestaan.

Na ‘n onvergeetlike Desember waar skoolvriende met drie skedonke Suid-Afrika soos nog nooit tevore in ‘n reiskompetisie beleef het nie, is daar op Saterdag, 28 Januarie ‘n spesiale prysuitdeling vir die 2022 Toetertoe Trophy gehou.

Foto’s: Jool Malan

Die Toetertoe Trophy was ‘n belewenis vir hierdie groep vriende wat oor die 5000 kilometer in ‘n Ford Laser, Opel Kadett en Toyota Cressida afgelê het.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/119905/vriendegroep-toer-land-plat-in-drie-legendariese-skedonke/

Soos in enige gesonde kompetisie is daar wenners aangekondig en die eerste wenner in Toetertoe Trophy-geskiedenis is die President-span wat uit Ockert Lubbe, Ludwig Rontgen en Janco Malan bestaan.

Die lede van die Toetertoe Trophy vier hulle sukses na ‘n fantastiese toer in Desember.

Tweede plek is die Rammelkas kalante (Rika Lubbe, Hané Zeeman, Ryno Bornman en Vian Cooke) en derde was die Poskantoor dames (Danté van Sittert, Pierre Joubert en Rian Velthuysen)

Pierre Joubert het die toekenning vir die “worst mechanic” gewen. Ockert Lubbe het die trofeë vir die “best mechanic” gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button