Local newsNewsNews

Man vermoor en vrou vasgebind in plaasaanval

Die verdagtes het glo in die man se motorvoertuig gevlug.

‘n Man is glo verwurg en sy vrou vasgebind tydens ‘n plaasaanval wat vanoggend (Donderdag, 2 Februarie) omstreeks 08:30 naby MC Roode-rylaan plaasgevind het.

Vier van die verdagtes is na bewering werkers op dié plaas.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is hulle reaksievoertuie 09:00 na die toneel ontbied.

Met Mooirivier se aankoms is die man ‘n paar meter buite die huis dood gevind. Sy vrou was binne die huis vasgebind gewees.  Sy is nie ernstig beseer nie.

Die verdagtes het glo in die man se motorvoertuig gevlug.

SAPD, ER24 nooddienste en Mooirivier Beskerming is op die toneel.

  • Sodra die Herald meer inligting kry sal die storie opgedateer word. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button