Local newsNewsNews

Biokinetika-span wen beste waterpunt wisseltrofee by Berts Bricks-wedloop

Onder leiding van me. Joanita Smith (BASA Noordwes voorsitter) en dr. Henriette Hammill (BASA Noordwes komiteelid en senior dosent in Biokinetika aan die NWU), het hulle en tien ander biokinetika studente hierdie waterpunt beman.

By verlede maand se Berts Bricks Great Bricks Run-wedloop was daar ‘n spesiale prys wat aan die beste waterpunt op die dag toegeken is. Die Noordwes Biokinetika Assosiasie van Suid-Afrika (BASA) het hierdie toekenning ontvang. Onder leiding van me. Joanita Smith (BASA Noordwes voorsitter) en dr. Henriette Hammill (BASA Noordwes komiteelid en senior dosent in Biokinetika aan die NWU), het hulle en tien ander biokinetika studente hierdie waterpunt beman.

Die tien studente was Jayson Clancy, Nikita Steenberg, Amori Grobler, Shania Schutte, Zanelle Viljoen, Calista Ellis, Annemie Niehaus, Bianca van Huyssteen, Tiané Becker en Shelomi Truter.

Daar was heerlike sportmangees, goeie musiek en baie pret tydens hierdie wedloop.

“Alhoewel ek nie gehardloop het nie, was dit baie lekker om ‘n klein bron van verversing vir die mense te wees! Ek was mal daaroor om die genot op die mense se gesigte te sien wat aan die wedloop deelgeneem het en dit het my laat wil deelneem,” noem Nikita Steenberg, een van die studente.

“Dit was so inspirerend om te sien hoeveel deursettingsvermoë die deelnemers het terwyl hulle pret gehad het. Ons sal graag binnekort weer betrokke wil wees,” noem Jayson Clancy, nog ‘n student wat deel van die Biokinetika waterpuntspan was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button