Local newsNewsNews

NWU: Gerugte is vals dat studente nie hul Christenskap op kampus mag uitoefen nie

"Geen skending van die Grondwetlike Regte van enige individu sal ooit by die NWU toegelaat word nie. Ons distansieer onsself van die inhoud van die stemnota."

‘n Stemnota is gister (Donderdag, 16 Februarie) op Whatsapp versprei waar daar bewerings gemaak word dat studente nie hul Christelike geloof op die Potchefstroomkampus mag beoefen nie, terwyl ander gelowe wel kan.

Die Noordwes-Universiteit het op die inhoud van die stemboodskap gereageer en genoem dat hierdie bewerings belaglik, lagwekkend en diep ontstellend is.

Luister die stemboodskap hier:

“Optrede soos hierdie is daarop gemik om disharmonie en polarisasie onder die NWU-gemeenskap te veroorsaak, en moet veroordeel en streng gestraf word wanneer ook al oortreders gevind word,” noem NWU woordvoerder, Louis Jacobs in ‘n verklaring op die NWU se webblad.

Die vermeende student, genaamd Mira, het in die stemnota genoem, dat sy nuus gekry het dat koshuise nie meer aanbiddingsaande mag hou en dat studente ook nie in hul koshuiskamers mag bid nie.

“Dit is net ons Christene wat nie mag bid nie, enige ander geloof mag bid. Ek vind dit so onregverdig en ek is so kwaad,” het sy genoem terwyl sy gevra het dat die gemeenskap vir studente moet bid.

“Geen skending van die Grondwetlike Regte van enige individu sal ooit by die NWU toegelaat word nie. Ons distansieer onsself van die inhoud van die stemnota en doen ‘n beroep op ons belanghebbendes om sulke moedswillige optrede te ignoreer,” voer Jacobs aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button