Local newsNewsNews

Swaar reënval affekteer verkeer op N12 verby Ikageng

Water het op die N12 verby Rossstraat opgedam waar ligte voertuie deur die water sukkel.

Motoriste word gewaarsku om versigtig op die N12 te ry na swaar reën wat deurlopend vandag (Vrydag, 17 Februarie) geval het.

Teen 11:00 vanoggend het die Schoemansdriftbrug oor die Vaalrivier tussen Vredefort en Parys, ook alreeds oorstroom.

Die Schoemansdriftbrug het vanoggend verspoel met swaar reën. Foto: Potchefstroom First Responders.

Die N12 tans tussen Potchefstroom en Klerksdorp.

“By die N12 verby Ikageng loop daar water oor die loopvlak. Die verkeer loop baie stadig in beide rigtings. Die owerhede is ontbied. Ons versoek dat mense versigtig is indien hulle in daardie area beweeg, sowel as alle laagliggende gebiede waar swaar reën tans val,” het Fanie du Toit van die VF Plus in ‘n stemnota meegedeel.

Hy noem ook dat die water tans opdam as mens in Potch inry vanaf Klerksdorp se kant by Rossstraat se verkeerslig. Die syingang is ook heeltemal onder water.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button