Rooy Kosmark is weer terug hierdie Sondag
Op Sondag, 26 Februarie gaan die Rooy Kosmark weer vir heerlike kos en uitstekende winskopies sorg.

Die gewilde kosmark is terug op Sondag, 26 Februarie 2023 vanaf 10:00-15:00. Toegang is ook gratis. Dit sal plaasvind by die Van Rooyen Saal in Piet Bosmanstraat. Daar sal Blueberry gin “on tap” beskikbaar wees, asook verskeie wyne te koop.
“Car boot sale” stalletjies wat deur lede van die gemeenskap aangebied word sal beskikbaar wees met verkope van klere en huishoudelike items.
Alabama Dream sorg vir ‘n opgeruimde atmosfeer vir die duur van die mark. Troeteldiere is welkom, dus kan die hele gesin saamkom!
Vermaak wat vir kinders aangebied word sluit in:
- * Springkasteel beskikbaar;
- * Trap Go karts;
- * Gesigverf;
- * Verskeidenheid speletjies vir die kinders.

Produkte wat by die mark beskikbaar sal wees vir aankope sluit in:
- * Darling Brew’s Beer Grain Chips;
- * Lekker nageregte;
- * Tuisgemaakte Marshmallows;
- * Burgers;
- * Verskeidenheid Jaffels;
- * Lekker boereworsrolle en gebraaide sosaties;
- * Geurige koffie;
- * Traditionele pannekoeke;
- * Biltong;
- * Outydse lewerkoekies;
- * Vars koekies;
- * Tuisgemaakte souse;
- * Tuisgemaakte konfyte;
- * Geurige kerrie en rys;
- * Maleise Lamskerrie;
- * Beesstert met stampmielies of groente.
Crafts wat beskikbaar gaan wees vir aankope sluit in:
- * Sterling silver juwele;
- * Houtmodelle & Kralewerk;
- * Leer juwele;
- * Verskeidenheid klere.
Kom maak ‘n draai en sien vele meer!
Die volgende mark sal op 26 Maart 2023 plaasvind.
Vir meer inligting skakel vir Tania by 079 918 2090 of stuur ‘n e-pos na hullabaloo.decorhire@gmail.com. As die nuuskierigheid te veel raak, besoek die mark se Facebook page by https://www.facebook.com/RooyFoodMarket.




