Local newsNewsNews

Kom kyk unieke vlotte hierdie Saterdag op die JOOLplaas

Tesame met die vlotte gaan daar talle aktwiteite, plaaslike vermaak en kosstalletjies op die Joolplaas wees.

Op Saterdag, 1 April gaan die jaarlikse JOOL vlotte ‘n kreatiewe en kleurvolle nuwe baadjie aantrek.

Die vlotte gaan vanjaar op die NWU se Joolplaas vertoon word en sal nie soos vorige jare deur die dorp beweeg nie.

Die unieke vlotte, waaraan studente, dae lank aan gewerk het, kan vanaf 08:00 op die Joolplaas besigtig word.

Foto’s van verlede jaar se JOOL-vlotte

Tesame met die vlotte gaan daar talle aktwiteite, plaaslike vermaak en kosstalletjies op die Joolplaas wees. Dit vorm als deel van die bRAGdag wat vanjaar as deel van JOOL plaasvind.

Daar sal teen 07:30 ‘n 5km pretdraf wees. Registrasie begin alreeds 06:30. Kostes is R50 per persoon, terwyl kinders onder 10, gratis sal deelneem.

Kosstalletjies is vanaf 08:00 oop met plaaslike vermaak wat vanaf 10:00 in die biertuin sal plaasvind.

Dit alles beloof om ‘n dag te wees op die kalender wat nie gemis kan word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button