Local newsNewsNews
VIDEO: Kleurvolle en kreatiewe vlotte vul die JOOLplaas
Hierdie vlotuitstallings van verskeie koshuise het gebruik gemaak van animasiekarakters sowel as figure uit populêre kultuur wat vir interessante kombinasies en temas gesorg het.
Die NWU se bRAG Day vlotuitstalling het vanoggend (Saterdag, 1 April) weer eens bewys hoeveel kreatiwiteit die studente het met pragtige vlotte wat inwoners se monde laat oophang het.
Hierdie uitstallings, wat koshuise in Sleepverband vir weke aan gewerk het, het gebruik gemaak van verskeie animasiekarakters sowel as figure uit populêre kultuur wat vir interessante kombinasies en temas gesorg het.
Kyk die video hier:
Kom maak gerus ‘n draai op die JOOLplaas in Hennie Binglestraat. Die vlotuitalling, kosstalletjies en biertent is nog oop tot 15:00 vanmiddag.
Foto’s: Wouter en Chrisna Pienaar


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
































