Local newsNewsNews

Werkswinkel plaas fokus op outisme en AGHS

Die Vereniging vir Welstand in Skole het tesame met die Mind The Gap leersentrum 'n baie insiggewende werkswinkel vir onderwysers en ouers by Laerskool M.L. Fick op Saterdag, 22 April, aangebied.

Die Vereniging vir Welstand in Skole het tesame met die Mind The Gap leersentrum ‘n baie insiggewende werkswinkel vir onderwysers en ouers by Laerskool M.L. Fick op Saterdag, 22 April, aangebied.
Ria Renke, stigter en eienaar van die Mind The Gap-sentrum het ‘n werkswinkel getiteld “Die waarheid oor leesprobleme” aangebied wat baie goed ontvang is.
Keshnie Mathi (The Wellness Specialist) het ‘n werkswinkel oor outisme en AGHS (aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring) en inklusiwiteit in die klaskamer aangebied.

Die Fast Heroes-program is ook kortweg uiteengesit in ‘n voorlegging. Fast Heroes se doel is dat kinders vanaf ‘n jong ouderdom geleer word hoe om die tekens van ‘n beroerte te ken en sodoende in ‘n noodgeval kan reageer.

Foto’s: Wouter Pienaar

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button