Local newsNewsNews
Vele hande maak ligte werk met Cachet Park CID se slaggat-projek
Daar is die afgelope maand alreeds 72m² se slaggate wat met teer gevul is.
Slaggate op die Bult is besig om stelselmatig te verminder danksy die samewerking van Cachet Park CID sowel as Dirkie Venter en sy span met ‘n projek om slaggate te vul.
Daar is die afgelope maand alreeds 72m² se slaggate wat met teer gevul is. Volgens Cachet Park CID se bestuurder, Johan Naude, is Hoffman, Steve Biko en erge gate op die hoeke van Esselen/President en Hoffman/Rissikstrate gevul.
Foto’s: Tian du Preez
“Ons wil net dankie sê aan elke CID-lid wat projekte soos dié moontlik maak. Ons wil ook vir Dirkie Venter bedank vir sy harde werk om die gate vir ons op ‘n hoë standaard reg te maak,” noem Naude.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!







