Local newsNewsNews

Skole in Bailliepark vul slaggate

E.S. le Grangeskool sowel as Woel en Werskaf Kleuterskool het onlangs self die inisiatief geneem om slaggate voor hulle voorstoep te vul.

E.S. le Grangeskool sowel as Woel en Werskaf Kleuterskool het onlangs self die inisiatief geneem om slaggate voor hulle voorstoep te vul.
In Bailliepark waar hierdie twee skole geleë is, is slaggate al vir die afgelope ruk ‘n groot probleem vir inwoners.
E.S. le Grange het ‘n privaat kontrakteur gehuur om die slaggate in Richardsonstraat te herstel en sodoende die veiligheid van motoriste in hierdie besige straat te verbeter.
In dieselfde asem het Woel en Weskaf Kleuterskool in Rocherstraat ook slaggate met die bystand van Opstal Gastehuis, herstel.
Die Bailliepark Gemeenskapsprojek moedig besighede en inwoners aan om verder hierdie skole se voorbeeld te volg en ‘n bydrae te lewer tot die herstel van slaggate in die gemeenskap.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button