Man en twee kinders verdrink in dam
Volgens NW polisiewoordvoerder, Kol. Adele Myburgh, is die polisie sedert Saterdag elke dag op die toneel om te kyk of hulle die liggame kan opspoor.
Polisieduikers is tans op soek na die liggame van ‘n man en twee kinders wat verlede Saterdag, 13 Mei, in ‘n dam verdrink het.
Die dam is op die Potchefstroom pad in die rigting van Vanderbiljpark. Dit is omtrent so 4 kilometer na die afdraai op die Potchefstroompad vanaf die R53 (Paryspad).
Die man en twee kinders het na bewering vis gaan vang op ‘n kano en toe in die moeilikheid beland.
Volgens NW polisiewoordvoerder, Kol. Adele Myburgh, is die polisie sedert Saterdag elke dag op die toneel om te kyk of hulle die liggame kan opspoor.
“Die area van die dam is met watergras besaai wat dit baie moeilik en ook gevaarlik maak vir die polisieduikers op hierdie stadium. Daar is ‘n groot risiko verbonde om die liggame op te spoor,” het Myburgh bevestig.