Local newsNewsNews

Man wat verdrink het se liggaam gevind

NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat polisieduikers die man se lyk Sondag gevind het.

Nadat twee kinders wat verdrink het se liggame  na ‘n week se soektog gevind is, is die man se liggaam vandag (Sondag, 21 Mei) opgespoor.

NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat polisieduikers die man se lyk vandag gevind het.

Diè man (29) het vermoedelik saam met die twee seuns, wat onderskeidelik 7 en 9 jaar oud was, in ‘n kano op die plaasdam op Saterdag, 13 Mei gaan visvang toe die kano omgeslaan het.

Polisieduikers is daardie oggend omstreeks 09:40 in kennis gestel van die verdrinkingvoorval.

Die dam waar die voorval plaasgevind het, is ongeveer 20km buite Potchefstroom op die Vanderbiljparkpad, so 4km na die afdraai vanaf die R53 (Paryspad) geleë, .

Dit is nog onseker hoe dit gebeur het. Daar word verwag dat die liggame in die komende week uitgeken sal word.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button