Local newsNewsNews

Oud-Gimmie sportster verloor albei bene in motorongeluk

Edwin Nelson was Sondagoggend omstreeks 04:30 alleen op pad na sy huis in Vaalpark toe die ongeluk tussen Potch en Parys plaasgevind het.

‘n Voormalige Potchefstroom Gimnasium hokkiester se lewe het in ‘n oogwink verander na ‘n motorongeluk, Sondagoggend, 28 Mei op die Paryspad (R53).

Albei sy bene moes geamputeer word.

Edwin Nelson (18), wat in 2022 by Gimmies gematrikuleer het, was die afgelope naweek in Potchefstroom vir die Gimmie-Volkie Classic Clash. Hy was Sondagoggend omstreeks 04:30 alleen op pad na sy huis in Vaalpark toe die ongeluk tussen Potch en Parys plaasgevind het. Hy het glo beheer oor sy motor verloor.

Edwin (derde van regs) saam met Gimmies se eerste hokkiespan in 2022. Foto: Sybil Joubert.

Weens die aard van die ongeluk is albei sy bene onder die knie geamputeer.

Hy is tans in Potchefstroom MediClinic in die hoësorg eenheid waar hy herstel.

Edwin het ook op die rugbyveld uitgeblink.
Edwin Nelson in aksie vir Gimmies. Hy was ‘n begaafde hokkiespeler.

Edwin was bekend as die eerstespan hokkiespan se onderkaptein (2022), en het ook in talle sportsoorte soos rugby, tennis, gholf  en krieket uitgeblink. Hy was sy hele skoolloopbaan in Brandwag seunskoshuis gewees.

Hy het vir die maatskappy, TagExEnergy, gewerk ten tyde van die ongeluk.

Sy naasbestaandes, familie en vriende is besig om geld in te samel vir sy mediese onkostes, terapie en prostese. Hulle vra dat die gemeenskap vir Edwin in hul gebede deur hierdie moeilike tyd sal hou.

Bankbesonderhede vir Edwin Nelson se fonds is as volg:

#EdwinNelsonFund

Auditor Managed Fund for Medical Treatment and Prosthesis

ABSA

Rekeningnommer: 9302266773

Takkode: 632005

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button