Local newsNewsNews

Tiener (15) sedert Vrydag vermis

Zuan Davids (15) is sedert Vrydag, 2 Junie vermis.

‘n Potchefstroomse tiener en leerder van Hoërskool Die Wilge, Zuan Davids (15), is sedert Vrydag, 2 Junie, vermis.

Hy is Vrydagoggend omstreeks 06:20 laas gesien in Potchefstroom waar hy ‘n swart baadjie en blou jeans aangehad het. Hy het nooit vir skool opgedaag nie.

Zuan het bruin hare en oë en weeg in die rigting van 80-90 kilogram.

Zuan Davids is sedert Vrydag, 2 Junie vermis. Foto: Verskaf.
Zuan Davids het vermoedelik ook ‘n soortgelyke  jean aangehad toe hy laas gesien was.

Sy ma, Chantal, het Vrydag ‘n vemiste persoon saak by die polisie oopgemaak.

Haar vriendin, Tineke Heeringe, vertel dat hulle bekommerd is oor Zuan aangesien hy al vir meer as twee dae skoonveld is.

“Toe die skool vir Chantal laat weet dat Zuan nie daar was nie, het sy dadelik polisie toe gegaan. Sy bekommer haarself dood en sukkel om te eet of drink,” vertel Tineke.

Zuan het ook verskeie mediese kondisies waarvoor hy medikasie benodig en kan nie lank sonder sy medikasie gaan nie.

Kontak SAPD Potchefstroom by 018 299 7476/7 vir enige inligting rondom Zuan se verdwyning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button