Karwas en kiosk lewer ‘n kwaliteit alles-in-een ervaring
Autospa Centre is die perfekte plek vir professionele diens waar daar op gedetaileerde skoonmaak van jou motor gefokus word.
‘n Splinternuwe alles-in-een karwas en kiosk het onlangs hulle deure in Wolmaransstraat in Potchefstroom oopgemaak.
Autospa Centre is die perfekte plek vir professionele diens waar daar op gedetaileerde skoonmaak van jou motor gefokus word. “Elke merk en stoffie word skoongemaak,” vertel een van die mede-eienaars, Charles Duggan. Duggan is saam met Gunther Bronkhorst, die mede-eienaars. Buiten dat jou voertuig die karwas blinkskoon verlaat, sal kliënte goed versorg word met ‘n kiosk waar daar heerlike varsgemaakte kos en geroosterde koffie bedien sal word.

“Ons kliënte wat wag dat hulle motors gewas en skoongemaak word, kan terselfdertyd ook iets hier eet. Ons het ook ‘n werkswinkel waar ons ligte herstelwerk aan motors kan verrig, dit is soos byvoorbeeld om ‘n gloeilamp te ruil, terwyl die kar gewas word,” verduidelik Duggan.
Die werkswinkel behoort teen einde Junie heeltemal operasioneel te wees vir kwotasies op dienste en herstelwerk. Vir hierdie familiebesigheid is kwaliteit diens ontsettend belangrik en hulle sal seker maak dat kliënte op die hande gedra word. Warm en vriendelike diens is verseker.
Autospa Centre vorm ook deel van ‘n groot opgewondenheid oor ‘n sonkragwinkel wat as deel van die GM-stal oopgemaak sal word.
GM Solar and Power Solutions vorm deel van GM Generators, wat spesialiseer in hierdie twee velde.
Openingsure van die Autospa Centre is 08:00 – 17:00 op weeksdae en 08:00 – 14:00 op Saterdae.




