Local newsNewsNews

Potch word weer Rooy geverf die naweek!

Die gewilde Rooy Kosmark is terug hierdie Sondag, 25 Junie vanaf 10:00-15:00 met gratis toegang. Dit sal plaasvind by die Van Rooyen Saal in Piet Bosmanstraat.

Die gewilde Rooy Kosmark is terug hierdie Sondag, 25 Junie vanaf 10:00-15:00 met gratis toegang. Dit sal plaasvind by die Van Rooyen Saal in Piet Bosmanstraat.

Daar sal Granadilla gin “on tap” beskikbaar wees, asook verskeie wyne te koop.

“Car boot sale” stalletjies wat deur lede van die gemeenskap aangebied word sal beskikbaar wees met verkope van klere en huishoudelike items.

Troeteldiere is welkom, dus kan die hele gesin saamkom!

Vermaak wat vir kinders aangebied word sluit in:

  • * Springkasteel beskikbaar;
  • * Trap Go karts;
  • * Gesigverf;
  • * Verskeidenheid speletjies vir die kinders.

Produkte wat by die mark beskikbaar sal wees vir aankope sluit in:

  • * Darling Brew’s Beer Grain Chips;
  • * Lekker nageregte;
  • * Tuisgemaakte Marshmallows;
  • * Burgers;
  • * Verskeidenheid Jaffels;
  • * Lekker boereworsrolle en gebraaide sosaties;
  • * Geurige koffie;
  • * Traditionele pannekoeke;
  • * Biltong;
  • * Outydse lewerkoekies;
  • * Vars koekies;
  • * Tuisgemaakte souse;
  • * Tuisgemaakte konfyte;
  • * Geurige kerrie en rys;
  • * Maleise Lamskerrie;
  • * Beesstert met stampmielies of groente.

Crafts wat beskikbaar gaan wees vir aankope sluit in:

  • * Sterling silwer juwele;
  • * Houtmodelle & Kralewerk;
  • * Verskeidenheid klere.

Kom maak ‘n draai en sien vele meer!!

Die volgende mark sal op Sondag, 30 Julie 2023 plaasvind. Vir meer inligting skakel vir Tania by 079 918 2090 of stuur ‘n e-pos na hullabaloo.decorhire@gmail.com. As die nuuskierigheid te veel raak, besoek die mark se Facebook page by https://www.facebook.com/RooyFoodMarket.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button