Local newsNewsNews

Man van sy beursie en selfoon vroegoggend beroof

Een man het hom na bewering met 'n ysterpyp teen die kop geslaan terwyl die ander man hom met 'n skroewedraaier in sy hand gesteek het

‘n Man is vanoggend (Dinsdag, 20 Junie) omstreeks 05:00 vermoedelik van sy beursie en selfoon in Miederpark beroof. Die man was glo op pad werk toe, toe hy deur twee mans oorval was.

Een man het hom na bewering met ‘n ysterpyp teen die kop geslaan terwyl die ander man hom met ‘n skroewedraaier in sy hand gesteek het.

Hy was glo self na die hospitaal toe waar hy behandeling ontvang het.

Volgens sy werkgewer het hy nie ernstige beserings opgedoen nie en is weer terug by sy huis.

Die Herald het navraag by die polisie oor die voorval gedoen en daar is bevestig dat daar nog geen saak aangemeld is nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button