Local newsNewsNews

Skenk goedere en help behoeftige gemeenskappe hierdie winter

Lede van die gemeenskap wat iets skenk kom dan ook in aanmerking vir ‘n gelukkige trekking waar ‘n elektries aangedrewe 4x4-karretjie vir kinders gewen kan word.

Potchefstromers word genooi om hierdie winter te gee vir diegene wat baie keer met ‘n honger maag moet gaan slaap.

Anton de Waal, eienaar van Ultra Auto, het ‘n projek begin om fondse vir Voetlig Bedieninge in Orkney in te samel sodat daar 1 000 etes per maand aan behoeftige mense verskaf kan word.

Hierdie oulike elektries aangedrewe 4×4 vir kinders kan in ‘n gelukkige trekking gewen word. Een van hierdie 12V karretjies se waarde is R6 000. Al wat Potchefstromers moet doen is om items vir Anton de Waal by Ultra Auto te skenk.

De Waal vra dat die gemeenskap enige items (huishoudelike items, items wat net rondstaan) wat hul wil skenk na Ultra Auto sal bring. Voetlig Bedieninge sal hierdie items dan verkoop en die geld gebruik om kos vir die behoeftige mense te verskaf.

Lede van die gemeenskap wat iets geskenk het kom dan ook in aanmerking vir ‘n gelukkige trekking waar ‘n elektries aangedrewe 4×4 vir kinders gewen kan word. Een van hierdie 12V karretjies se waarde is  R6 000.

“Daar is ‘n dringende behoefte vir talle kinders by die Voetlig Bedieninge om net ‘n bord kos of selfs klere te kry. Dit is vir my belangrik dat ons teruggee en ander bedien wat niks het nie,” vertel De Waal.

Potchefstromers kan enige items wat hulle wil skenk, weeksdae van 08:00 tot 17:00 na Ultra Auto in Beyers Naudelaan neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button