Local newsNewsNews

Man stabiel na hy talle kere met mes gesteek is

Hy het vir ongeveer drie ure langs die pad gelê, voordat 'n lid van die publiek gereageer het en vir Mooirivier Beskerming gebel het. 

‘n Man is vanoggend (Sondag, 9 Julie) ongeveer 10:00 in Piet Bosmanstraat van sy baadjie beroof en ‘n klomp keer met ‘n mes gesteek.

DIe man is glo minstens twee keer in sy rug gesteek en ook in sy linker bobeen gesteek. Hy het vir ongeveer drie ure langs die pad gelê, voordat ‘n lid van die publiek gereageer het en vir Mooirivier Beskerming gebel het.

Mooirivier Beskerming First Responder was teen 13:54 op die toneel en het die man se steekwonde behandel.

Die man is na Potch Hospitaal afgevoer vir verdere behandeling en is in ‘n stabiele toestand.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button