Oud-landdros los diep spore
Die oudmagistraat in Potchefstroom, Daan Nel (76) is Donderdag, 29 Junie oorlede. Daan was vanaf 1998 tot 2016 'n bekende magistraat in die Potchefstroom Landdroshof.
Die oud-magistraat in Potchefstroom, Daan Nel (76) is Donderdag, 29 Junie oorlede. Daan was vanaf 1998 tot 2016 ‘n bekende magistraat in die Potchefstroom Landdroshof.
Hy het in 1969 in die Regte as landdros gekwalifiseer. Sy streeklanddroskwalifikasie en aanstelling was van die grootste mylpale in sy beroep. Daan is op ‘n plaas in Prince Albert gebore en getoë en het daardie aardse Karoovlaktes hom as mens gevorm.

Daan sal onthou word as ‘n stil, maar wyse man met integriteit en regverdigheid wat in sy are geloop het. Hy was ‘n man van God en ‘n familieman wat deursettingsvermoë versinnebeeld het.
skoondogter, Carina noem dat hy ook lief was vir lees, tuinmaak en werk met sy hande.
“Hy was ‘n gesinsman wat net die beste vir sy vrou, kinders en kleinkinders wou hê. Pa het graag by die see gekamp. Hartenbos was Pa se hartsplek en dan het hy vêr ente op die strand gaan stap. Sy stokperdjie was ‘n liefde vir fotografie, veral van blomme,” vertel Carina.

Daan word oorleef deur sy eggenote Maré, twee seuns, Henk en Niel, skoondogters, Sueyen en Carina, sowel as drie kleinkinders, Eadyn, Daniel en Carmie. Daan en Maré het Januarie vanjaar hul 50ste huweliksherdenking gevier.

lief vir die see en
het graag tyd saam
my familie deurgebring.



