Liezel Gouws maak die Noordwes-Universiteit, Potch en die hele Suid-Afrika trots met haar goeie uitslae tydens die 2023 Wêreld Para-Atletiekkampioenskappe in Parys, Frankryk.
In haar eerste item (400m T37) het Gouws ‘n seisoensbeste tyd van 1:07.40 opgestel om ‘n algehele vyfde plek in die finaal te bereik.
Haar persoonlike beste is 1:05.95. Haar SA spanmaat, die ervare Sheryl James, het ‘n vierde plek in ‘n tyd van 1:03:38 opgestel. Karen Palomeque van Colombië was eerste in 1:00.94 met Nataliia Kobzar van die Oekraine in tweede plek (1:01.33) en Fenfen Jiang van Sjina in die derde plek (1:02.26).
Sy neem ook deel aan die 100m item (T37) en het vir die finaal wat vanoggend (Donderdag, 13 Julie) plaasvind, gekwalifiseer met ‘n tyd van 14.92.
Sy neem deel aan die finaal om 10:48 vanoggend. Die wedloop kan lewendig op Youtube hier gesien word.
Gouws se persoonlike beste tyd is 14.21 in die 100m. Sy het ook sover ‘n seisoensbeste van 14.72 opgestel.
Haar afrigter, Shaun Bownes, noem dat sy nie op haar beste was tydens die uitdunne aangesien sy bietjie af gevoel het, maar hy weet dat sy gereed sal wees vir vanoggend se finaal.
Gouws het met haar aankoms in Parys genoem dat sy opgewonde is om elke wedloop haar beste te gee en net die oomblik te geniet.