Local newsNewsNews
Foto’s: Brand breek by De Beers Meubels uit
Dit is nog onseker presies wat die brand veroorsaak het en wat die totale omvang van die skade is.
‘n Brand het vanaand (Maandag, 11 September) by De Beers Meubels in Mareestraat uitgebreek wat die gebou in vlamme verswelg het.
DIe brand het glo in die omgewing van 20:05 ontstaan. Dit is nog onseker presies wat die brand veroorsaak het en wat die totale omvang van die skade is.
Plaaslike brandweer, nooddienste, polisie en ander plaaslike owerhede is op die toneel.
Die toneel is ook tans afgesper terwyl die brand geblus word.
*Sodra die Herald meer inligting verkry sal daar verdere nuus gedeel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!









