Local newsNewsNews
Drein veroorsaak daaglikse watervermorsing
‘n Drein wat die afgelope twee weke in Louwstraat oorloop vermors nie net water nie, maar los ook ‘n aaklige reuk van riool in die lug.

‘n Drein wat die afgelope twee weke in Louwstraat oorloop vermors nie net water nie, maar los ook ‘n aaklige reuk van riool in die lug. Donnavan Serfontein wys na die water wat teen ‘n redelike spoed buite sy hek in die sypaadjie tot in die straat afloop. “Die munisipaliteit was al een keer hier by ons die afgelope twee weke en hulle het ongeveer ‘n halfuur geneem om te kyk en toe nie weer teruggekom nie. Hulle reken by die een drein is daar bye en by die ander een werk die pomp nie, so nou los hulle dit net,” verduidelik Serfontein.
Foto’s: Wouter Pienaar
* Die Herald het die munisipaliteit vir kommentaar genader, maar teen druktyd nog nie terugvoer ontvang nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.