Local newsNewsNews
Vier sterf in N12-botsing
Daar was vier voertuie in die botsing betrokke waarna vier mense op die toneel gesterf het.
Vier mense is vanmiddag (Sondag, 1 Oktober) in ‘n motorvoertuigongeluk op die N12 ongeveer 10km buite Potchefstroom oorlede.
Die ongeluk het ongeveer 13:40 in die rigting van Johannesburg plaasgevind.
Daar was vier voertuie in die botsing betrokke waarna vier mense op die toneel gesterf het. Een was in ‘n kritieke toestand, en ‘n verdere twee was ernstig beseer.
ER24 nooddienste het die beseerdes na verskeie hospitale in Potchefstroom vervoer.
ER24 Potchefstroom, Mooirivier Beskerming, Gauteng EMS, Fochville Brandweer, Provinsiale verkeer, en die SAPS was op die toneel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.