Rus jou siel by die Woordkafee
Jy kan inkom en met klassieke musiek in die agtergrond en ‘n atmosfeer wat jou sielsrus bring, kuns skep.
Die Woordkafee word tydens Aardklop by Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult se kerksaal aangebied.
Die Woordkafee is ‘n uitreiksentrum vir Jesus waar verskillende kerk denominasies saamwerk om God se Woord te laat groei.
Tydens Aardklop is daar ‘n kunswerkswinkel wat aangebied word deur Esté Bartlett. Jy kan inkom en met klassieke musiek in die agtergrond en ‘n atmosfeer wat jou sielsrus bring, kuns skep.

Die werkswinkel is Donderdag en Vrydag van 10:00-17:00 oop. Saterdag sal die werkswinkel slegs tot een uur oop wees.
Die Woordkafee asook die kunswerkswinkel is gratis en maak staat op donasies.
Skakel 082 403 5130 om meer oor Woordkafee uit te vind.



