Local newsNewsNews

Studente lewer ‘n koorskouspel by Kuesta

Die twee-jaarlikse Kuesta Universiteite-koorfees het die naweek van 22 – 25 September 2023 plaasgevind op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria.

Die twee-jaarlikse Kuesta Universiteite-koorfees het die naweek van 22 – 25 September 2023 plaasgevind op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria.

Na die vorige aanbieding in Potchefstroom (2019) kon vier topklas kore hierdie jaar weer bymekaarkom vir ‘n ongelooflike koornaweek. Die TUKS Camerata het as gasheer opgetree vir die Noordwes Universiteit se PUK-Koor, die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit Stellenbosch se kore. Kore het die geleentheid gehad om nuwe musiek te leer, vir mekaar te sing en te sosialiseer deur die loop van die naweek. Daar is op Sondag 24 September, twee openbare konserte aangebied wat beide in ‘n kort tydjie uitverkoop was. Die NWU PUK-Koor, onder leiding van Kobus Venter het Potchefstroom verteenwoordig by hierdie besondere geleentheid.

Venter sê dat geleenthede soos Kuesta van onskatbare waarde is vir die student.

“Hulle kan sien hoe hulle studentemaats op ander kampusse sing en dieselfde passie vir koormusiek uitleef, daar word netwerke gebou en vriendskappe gesmee,” noem hy.

Venter is ook die huidige voorsitter van die Kuesta koorvereniging, wat al vir meer as 35 jaar hierdie betekenisvolle platform skep vir studente van die universiteitskampusse. “Ons is trots om te kan sê dat Kuesta vandag nog kan voortbestaan en ondersteun elke poging om koormusiek te laat seëvier“. Die volgende koorfees vind in 2025 by die Universiteit Stellenbosch plaas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button