Local newsNewsNews

Rooy Kosmark sluit die jaar op ‘n hoë noot af

Die mark met gratis toegang duur van 10:00-15:00 en sal aangebied word met ‘n Kersfees gees en atmosfeer.

Die gewilde Rooy Kosmark gaan Sondag, 26 November vir manjifieke kos, kuns en klanke sorg met die gewilde kabaretkunstenaar, Helena Hettema, wat gaan optree.

Tye wat Hettema gaan sing is:
10:45 – 11:25
12:20 – 13:00
13:40 – 14:00

Helena Hettema gaan by die Rooy Kosmark
op Sondag, 26 November optree.

Die mark met gratis toegang duur van
10:00-15:00.

Dit sal aangebied word met ‘n Kersfees gees en atmosfeer en beloof om soos gewoonlik, ‘n kosmark van formaat te wees met ‘n mondvol opsies om van te kies en te keur.

Dit sluit in:
· Beestert met stampmielies van Kombuis
Lombardia
· Maleise Lamskerrie met Basmati-rys
· Tradisionele Skaapafval
· Egte Indiese disse van Sumi’s Kitchen
· Outydse lewerkoekies
· Gevulde vetkoeke
· Kaneelsuiker pannekoek
· Ingelegde kerrievis
· Boetiekkaas
· Heerlike warmbrakke
· Fynproewer malvalekkers
· Melktertjaffels van Sharon se Kombuis
· Tuisgemaakte Appeltert
· Tradisionele koekstryf
· Feestelike gemmerkoek-mannetjies
· Verskeidenheid Cocktails (On Tap)
· Bubble House vir die Kleinspan!

Maak ‘n knoop in jou oor om hierdie mark te besoek!

Kontak Tania vir enige navrae by 079 918 2092.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button