Skrywer en haar hondekind besoek Baillie Park
Felicia Snyman-du Toit het nie net met die leerlinge oor haar twee nuwe kinderboeke kom gesels nie, sy het ook haar viervoetige kind, Riley, saamgebring.
Die grondslagfaseleerlinge van Laerskool Baillie Park is op Donderdag, 26 Oktober, heerlik verras met ‘n besoek van die skrywer, Felicia Snyman du Toit.
Sy het nie net met die leerlinge oor haar twee nuwe kinderboeke kom gesels nie, sy het ook haar viervoetige kind, Riley, saamgebring.
Riley is ‘n Bostonse terriër wat versot is op speel. Felicia is eintlik ‘n prokureur van beroep, maar het tydens die grendeltydperk baie tyd gehad om haar dogtertjie en Riley dop te hou. Vandaar die boeke wat handel oor Adelie en haar beste maat Riley se avonture in die gesin se swembad en die klimraam.
Daar is reeds ‘n derde boek by die uitgewers. Na afloop van die geselsie het Felicia nog ‘n rukkie gekuier om die leerlinge wat boeke gekoop het, te teken.

Boston Terrier, Riley het vir
Laerskool Baillie Park verlede
maand besoek



