Local newsNewsNews

Edudome by Snowflake Mark

Snowflake Mark bied 'n eens-in-'n-leeftyd geleentheid aan Potchefstromers met 'n Edudome.

Snowflake Mark bied Vrydag, 1 Desember tot Saterdag, 2 Desember ‘n besonderse geleentheid aan Potchefstromers. Vrydag en Saterdag se visuele aanbieding en programme verskil. Vrydag gebruik besoekers ‘n driedimensionele bril wat hulle vir 30-minute in een van die volgende wêrelde sal plaas – onder die see, wilde diere, avonture van valskermspring en branderplankry, dinausorusse en astronomie. Saterdag gaan daar ‘n koepel in die groot saal wees waar jy vir ongeveer 40 minute die ongelooflike visuele beelde van die ruimte kan ervaar.

Met ‘n driedimensionele bril kan jy nou die magiese ondervinding beleef en tussen die sterre en planete beweeg, dinosaurusse en ander wilde diere van naderby beskou of onder die see verken.

Sitplek is beperk en daarom word belangstellendes aangeraai om vooraf te bespreek dat hulle plek verseker is. Vrydagaand se sessies is R 50 per persoon en Saterdag se sessies R 40 per persoon. Besoekers wat vooraf vir Vrydagaand bespreek hoef nie die mark se R10-ingangsfooie te betaal nie. Besprekings en betalings word aanlyn gedoen deur op die volgende skakel te kliek: Edudome

Marktye is Vrydag van 16:30 tot laat en Saterdag van 9:00 – 13:30. Skakel Martie Bothma by 082 850 1200 met navrae.

Related Articles

 
Back to top button