Bafenyi raak harte aan die Kersfees
Bafenyi, 'n nie-winsgewnede organisasie, hoop om minderbevoorregtes se harte rooi met liefde te maak deur hul Kersfeesprojek.
Bafenyi, ‘n nie-winsgewende organisasie wat God se Evangelie versprei deur hul werk. Hul bied jaarliks ‘n Kersfees-projek aan waardeur die organisasie hoop om Jesus se liefde aan mense te wys. Liefde in aksie en liefde in oorvloed is die fokus van hierdie projek.
Die projek is al vyf jaar oud, en Bafenyi getuig dat dat die projek jaarliks meer en meer belyn word met God se plan. Die projek werk om pakkies bymekaar te maak wat dan uitgedeel word. Die mikpunt vir 2023 was om 1300 pakkies bymekaar te maak.
Marileen Theron, betrokke by Bafenyi en die Kersfeesprojek, verduidelik dat daar 11 gemeenskapsgroep is waarby daar pakkies uitgedeel word. “Die mikpunt is om 1300 pakkies uit te deel,” sê Marileen. “Ons het reeds by vier groepe pakkies uitgedeel, ie grootste deel van die projek is eers volgende week.” Die projek sal die 7e Desember klaarmaak.

Die pakkies word in en rondom Ikageng, Promosa, Potchefstroom middedorp en Mathlang Village uitgedeel.
Elke geskenk bestaan uit die volgende; ‘n waslap, seep, ‘n tandeborsel, tandepasta en ietsie ekstra om die grootmense en kinders spesiaal te laat voel. Pakkies kan steeds geskenk word siende dat die projek eers 7 Desember afgehandel word. Kontak Marileen by 082 327 2950 om meer uit te vind oor hoe jy kan help, of om pakkies af te gee.

Tydens die uitdeel van die pakkies doen Bafenyi Trust se personeel ‘n optrede vir die kinders en ‘n liedjie saam met elke ouderdomsgroep. Jesus word geseëvier by elke geleentheid. “Dit is ongelooflik om die kinderlike opgewondeheid by die kinders te sien. Ons is dankbaar om ‘n bydrae te kan lewer tot dit,” vertel Marileen.
Bafenyi bedank almal wat gehelp en geskenk het, die organisasie waardeer dit opreg.



