Local newsNewsNews

Tokkie wen OFM Money or Nothing quiz

Matthew Van Aswegen gesels oor sy ervaring van OFM se Money or Nothing quiz.

Matthew Van Aswegen (9), ‘n Gr 3 Tokkie by Laerskool Mooirivier het OFM se Money or Nothing Quiz gewen.

Die quiz bestaan uit 10 algemene kennisvrae en vind plaas tydens die Good Morning Breakfast show, aangebied deur Shandor Potgieter en Maragret Whitfield.

Die Van Aswegens luister elke oggend na die Good Morning Breakfast show, en Matthew is mal oor Shandor, vertel ma Mari. “Shandor was by Carols by Candlelight,” gesels Matthew oor hoe dit gebeur het dat hy aan die quiz deelgeneem het. “Hy het vir my gevra of ek aan die quiz wil deelneem, en ek het nie regtig geweet hoe om nee te sê nie.”

Ma Mari vertel dat dit werklik ‘n spesiale ervaring was vir Matthew om te beleef. “Shandor en Margaret het in die Sports Village gebly,” vertel Mari. “Hulle het al hul toerusting in hul hotelkamer opgestel gehad en Matthew het saam met hul gesit en aan die quiz deelgeneem.” Mari voeg by dat pa Martin en sussie Martiné die ervaring kon meemaak.

“Ek het baie gestres,” vertel Matthew. “Ek was bang ek sê iets verkeerd.” Matthew straal egter selfvertroue uit en dis moeilik om hom as gespanne in te dink.

Matthew is oorstelp nadat hy OFM se Money or Nothing quiz gewen het. Foto: Verskaf.

Direk na die quiz is Matthew skooltoe, en by die skool aangekom het hy besef dat hy beroemd geraak het. “Almal het vir my geluk gesê, en toe ons sokker speel het almal my opgetel,” vertel Matthew. Die hoof het Hom ingeroep, en vir Matthew was dit ‘n senutergende oomblik tot hy besef het dat die hoof hom wil gelukwens. “Hy het vir my ‘n sweetie gegee,” glimlag Matthew.

Matthew het R 1000 losgeslaan nadat hy al 10 vrae reg geantwoord het. Die R 1000 kom in die vorm van ‘n Takealot voucher, en Matthew vertel met skitterende oë dat hy reeds sy voucher gebruik het. “Ek het ‘n Underarmour pet, ‘n nerf geweer en ‘n adaptor vir my Playstation gekoop,” noem Matthew opgewonde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button