Local newsNewsNews

Kersfees: Fees of Christusfees?

Die vraag bly egter steeds: Is Kersfees  maar net nog 'n feesdag of is dit 'n Christus fees, en hoe moet kinders van die Here die dag deurbring?

Meeste van ons het grootgeword met Kersfees as ‘n godsdienstige instelling en ‘n tyd van feesvieringe. Tradisioneel word daar wêreldwyd op 25 Desember feesgevier, sommige om Jesus Christus se geboorte as Verlosser te herdenk en vir ander, ‘n geleentheid om die vleeslike begeertes en genietinge van die wêreld na te jaag.

Daar kan blykbaar nie met sekerheid bevestig word dat Jesus wel op hierdie  dag gebore was nie. Jesus het nooit gesê dat  Sy aardse geboortedag vereerd moet word nie en die  vroeë Christene het ook geensins sy geboorte op dié dag herdenk of gevier nie. Waarskynlik kan daar  baie redes aangevoer word waarom die gebeurtenis van Jesus se geboorte wel  op hierdie dag in herinnering geroep en herdenk moet word.

Hoe dit ookal sy, en wat elkeen se sienswyse of beskouing hieromtrent mag wees, is dat hierdie feestyd in ‘n wêreldse sisteem ontaard het. ‘n Gerondhardlopery en geskarrel met ‘n kooplus van kersgeskenke en ander  goedere soos kersfeesbome en kersfeesversieringe. By dit alles vind daar gewoonlik ‘n oormatige eet- en drinkery (brassery) plaas en ‘n gejol wat tot laatnag voortduur. Selfs Christene maak hulle aan hierdie misplaasde praktyke en euwels skuldig. Dit alles stel ‘n slegte en misleidende voorbeeld vir ander wat dit sien en dit dan as geestelik goed en reg beskou.

Die vraag bly egter steeds: Is Kersfees  maar net nog ‘n feesdag of is dit ‘n Christus fees, en hoe moet kinders van die Here die dag deurbring? Ek vind in Rom.14:5 hierdie baie  insiggewende teksvers wat as riglyn kan dien vir die wat daaroor twyfel : “Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ‘n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. Die een wat ‘n bepaalde dag op ‘8n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here”.  “Laat jou oortuiging hieroor ‘n saak tussen jou en God wees” – vers 23.

As jy nietemin, Jesus se koms na die aarde, op hierdie dag of enige ander dag, opnuut weer in herinnering wil bring , moenie jou met die wêreld se dinge en gebruike daarmee assosieer of vereenselwig nie, maar  rig jou oë en gedagtes  in dankbaarheid op God want;

‘n Kind is vir ons gebore,

‘n Seun is aan ons gegee, en die

Heerskappy is op sy skouer.

Hy word genoem; Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors – Jes.9:5.

Mag elke dag vir jou ‘n goddellike ervaring wees !

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button