Local newsNewsNews

Antiekmark vir die eerste keer na Covid terug

Die immergewilde Kuns- en Antiekmark, wat voorheen jaarliks by die President Pretoriusmuseum plaasgevind het, word vir die eerste keer weer na Covid hierdie Saterdag (8 Junie) by die Potchefstroomse Metodistekerk aangebied.

Die immergewilde Kuns- en Antiekmark, wat voorheen jaarliks by die President Pretoriusmuseum plaasgevind het, word vir die eerste keer weer na Covid hierdie Saterdag (8 Junie) by die Potchefstroomse Metodistekerk aangebied.

Danell de Wet, een van die orgniseerders, sê die mark word onder die vaandel van Heritage Potchefstroom Erfenis aangebied. Volgens haar vind dit by die Metodistekerk (James Morokastraat) plaas omdat die terrein by die President Pretoriusmuseum na die ineenstorting van die smidswinkel, nie vir groot groepe mense geskik is nie. “Die Metodistekerk is ‘n pragtige erfenisterrein van Potchefstroom wat ‘n besondere atmosfeer het”, sê sy. ‘n Gekwalisfiseerde waardeerder sal ook teenwoordig wees om oudhede te waardeer.

Die mark is oop vir die publiek van 09:00 – 15:00 en toegang is gratis. Vir enige navrae, skakel Danell de Wet by 018 299 5047.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button